In ‘n tipiese klaskamer kan leerders wat lei aan hierdie versteuring meer struikelblokke in hul pad tot sukses en goeie uitslae ondervind. ADHD (Attention Deficit Hyperactive Disorder) word gesien as een van die mees algemeenste neuro-ontwikkelingsversteuring in kinders. Dit word normaalweg gediagnoseer tydens die kinderjare en duur soms tot binne in die volwasse stadium. Sommige mense groei dus nie hierdie versteuring uit nie maar leer strategiee aan om saam dit te leef en dit te beheer. Leerders met hierdie versteuring mag probleme ondervind in die klaskamer wat insluit dat die leerders sukkel om aandag te skenk, impulsiewe gedrag en hiperaktief. So ook het hierdie leerders 'n baie lae selfbeeld en sukkel om maatjies te maak en verhoudings te bou. Navorsing toon dat ADHD meer gemeen by die manlike geslag is met ‘n ratio van 2-3:1.So ook dat die versteuring meer gediagnoseer word onder families wie se sosio-ekonomiese staat baie swak is. Rede hiervoor is omdat hierdie familie...
Hierdie blog is ń opvoedkunde opdrag wat handel oor ADHD as struikelblok vir leerders. Dit bevat inlingting aangaande die simptome, behandeling, en hantering van ADHD in die klaskamer en by die skool.