Slaan oor na hoofinhoud

Wat is ADHD?

 

In ‘n tipiese klaskamer kan leerders wat lei aan hierdie versteuring meer struikelblokke in hul pad tot sukses en goeie uitslae ondervind. ADHD (Attention Deficit Hyperactive Disorder) word gesien as een van die mees algemeenste neuro-ontwikkelingsversteuring in kinders. Dit word normaalweg gediagnoseer tydens die kinderjare en duur soms tot binne in die volwasse stadium. Sommige mense groei dus nie hierdie versteuring uit nie maar leer strategiee aan om saam dit te leef en dit te beheer. Leerders met hierdie versteuring mag probleme ondervind in die klaskamer wat insluit dat die leerders sukkel om aandag te skenk, impulsiewe gedrag en hiperaktief. So ook het hierdie leerders 'n baie lae selfbeeld en sukkel om maatjies te maak en verhoudings te bou.

Navorsing toon dat ADHD meer gemeen by die manlike geslag is met ‘n ratio van 2-3:1.So ook dat die versteuring meer gediagnoseer word onder families wie se sosio-ekonomiese staat baie swak is. Rede hiervoor is omdat hierdie families nie beskikking het tot die mees effektiewe mediese sorg en behandeling nie en die moeder ook tydens swanger nie 'n heeltemal gesonde leefstyl kan beoefen nie.



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

  Behandeling van ADHD Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ," loco parentis" . Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing. Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig...