Diagnose
Die DMS-5 ( Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders , 5th Edd) vereis dat die ‘n reeks van die simptome aanwesigheid is. Om leerders met ADHD te diagnoseer kan nie met die blote oog gedoen word nie. Daar is tale toetse en prosedures wat gevolg moet word omdat van die simptome ooreenstemmend is met ander versteurings soos angs en depressie. Een van die stappe sluit in dat die leerders ‘n mediese ondersoek moet ondergaan wat hul gehoor en sig insluit om die ander versteurings uit te kanseleer. Die diagnose bevat ook ‘n lys met al die simptome wat deur die ouers en onderwyser van die leerders afgemerk moet word. ADHD kan nie betroubaar by kinders onder die ouderdom van 4 jaar oud gediagnoseer word nie ( Feit, Barbara, Biermann, Christner, Richarr & van Heerden, 2014).
Wanneer is dit tyd om die dokter te gaan sien?
Wanneer jy as ouer die tekens of simptome van ADHD in jou kind se gedrag optel, is dit belangrik om met jou dokter in kontak te kom. Die dokter sal jou dan verwys na 'n ontwikkelingsgedrag pediater, sielkundige, psigiater of pediatriese neuroloog (The Mayo Clini Staff, 2019). Dit is wel belangrik om vooraf vir 'n evaluering te gaan om vas te stel of ADHD wel die oorsaak is van die kind se struikelblok en optrede.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking