Slaan oor na hoofinhoud

Miskonsepsies wat ontstaan onder ADHD.

Is die simptome van ADHD netsoos wat ons dit ken?

Die antwoord op die vraag is nee. Alhoewel die simptome wat onder die verskillende tipes ADHD onder meeste van die mense gevind word, kan 'n peroon wat ADHD het ook die teenoorgestelde simptome toon. Alles hierdie simptome word beskou as mites omdat dit nie feite is nie. Kom ons kyk na 'n paar:

Die stil meisie
Ken jy iemand wat stil en teruggetrokke is wat verklaar dat hul aan hierdie versteuring lei? As dit die geval is , glo hulle. Dit is nie altyd dat almal wat ADHD het hiperaktief is nie, jy kry ook mense wat introvert is wat mag sukkel om oog kontak te maak en 'n gesprek te voer.



Die netjies en organiseerde persoon.
Wat ons voorheen gelees het onder die simptome, is dat mense wat ADHD het baie lomp en onorganiseerd is en ook baie vergeet. Dit is ook nie met alle individue so nie. Individue met ADHD kan ook baie organiseerd wees op hul eie manier. Wat ek bedoel met dit is dat die manier waarop hulle hul besittings of selfs medikasie organiseer mag dalk nie vir ons sin maak nie, maar wel vir hulself. Om beheer te neem van die neorologiese kondisie is hierdie een stap om te volg om die lewe vir jouself te vergemaklik.

Merk besittings as jy moet. Skryf in jou nota boekie en hou dit byderhand. Sit plakkers op waar nodig is. Net soos dit vir jou gemaklik is en solank dit vir jou sal help.

Akademie en beroep
Vir individue met hierdie neurologiese kondisie , is leer 'n uitdaging omdat hul op verskillende maniere leer. Om akademies uit te blink mag dalk nie maklik wees nie, maar tog slaan sommige mense met ADHD ander se asems weg met hul prestasies. Om te strewe na 'n beroep is ook nie onbereikbaar nie. Dit is bekend dat sommige van die mees suksesvolste mense ookk aan ADHD lei. So reik uit so ver as na die maan, indien jy val, mag jy nogtans saam met die sterre beland!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

  Behandeling van ADHD Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ," loco parentis" . Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing. Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig...