Slaan oor na hoofinhoud

Verskillende tipes ADHD


 

Oorwegend onoplettende aanbieding

Hierdie tipe ADHD maak dit moeilik vir die persone om daaglikse take te organiseer en te voltooi. Leerders met hierdie versteuring sukkel om aandag te gee aan besonderhede wat belangrik geag word en kan nie eenvoudige instruksies uitvoer nie. Hul aandagspan is kort en kan baie maklik afgelei word deur ander.

In plaas daar van om hul take en werk te voltooi, verkies leerders eerder om te speel in die klaskamer en om ander leerders te pla. Hul verskoning sal altyd wees dat hul die skryfbehoeftes of behoeftes wat benodig word om die taak te voltooi, verloor het. Wat jy ook sal oplet is dat leerders nie net vergeet waar voorwerpe geplaas was nie, maar ook hul daaglikse take vergeet en baie nalatige foute maak.

 

Oorwegende Hiperaktief-onoplettende aanbieding

Dit is kenmerkend dat leerders met hierdie tipe ADHD nie stil kan sit nie. Hulle vroetel gedurig en praat baie. In jonger leerders sal ons kry dat hul gedurig rondloop, rond spring en hardloop in die klaskamer. So ook probeer hul klouter op alles wat hul kan. Die optrede van hierdie leerders lei ook daartoe dat hul meer beserings opdoen as ‘n normale leerders as gevolg van hul hiperaktiewe neigings. Ons sal dalk hierdie leerders beskou as die probleem leerders omdat hul nooit hul beurt kan af wag nie en nie luister wanneer daar met hul gepraat word nie. Die klas sal telke male onderbreek word deur leerders  wat hierdie versteuring het.

Dit is ook kenmerkend dat individue wat aan hierdie versteuring lei, geneig is om vinnig te praat. Moontlike redes hiervoor is omdat hul bang is dat hul sal vergeet wat hulle wou gese het, opgewondenheid en omdat hul nie besef dat hulle te vinnig praat nie. Alhoewel hierdie dinge is wat onbeheerbaar is, doen sommige dit impulsief .

 

Gekombineerde aanbieding

Hierdie tipe ADHD het simptome van beide die bostaande soorte. Dis kan dit baie erge ADHD wees en leerders met hierdie tipe versteuring nog moeiliker is om te beheer in die klaskamer.



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

  Behandeling van ADHD Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ," loco parentis" . Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing. Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig...