Slaan oor na hoofinhoud

Kan ADHD vermy word?

  Volgens The Mayo Clinic Staff (2019), kan jy vermy dat jou kind ADHD kry deur:

  • Enige iets wat die ontwikkeling van die fetus beïnvloed te vermy. Dit sluit in die drink van
    alkohol, die rook van sigarette en die gebruik van dwelms.
  • Hou jou kind weg van besoedeling en giftige stowwe en gasse . Dit is belangrik om altyd 'n oog oor jou kind te hou.
  • Beperk skermtyd- Alhowel dit nog nie bewys is nie, is dit belangrik om jou kind se skermtyd te verminder, dit sluit in die speel van video speletjies en selfone.                                        


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

  Behandeling van ADHD Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ," loco parentis" . Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing. Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig...