Slaan oor na hoofinhoud

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

 Behandeling van ADHD

Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ,"loco parentis". Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing.

Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig is daarmee en gedragsterapie as eerste behandeling opsie sien (Sayal,Prosad, Daley, Ford, Cogill, 2017).

GEDRAGSTERAPIE

Volgens Sayal,Prosad, Daley en Ford, Cogill, (2017) toon Meta-Analise dat wanneer daar gebruik gemaak word van gedragsterapie vir behandeling wat begelei word deur verbeterde ouerskap, ondoeltreffend is om ADHD te behandel. Die rol van die mediator in hierdie tipe behandeling metode is nog nie bepaal en vasgestel nie.

Om gedragterapie ‘n sukses te maak moet ouerskap opleiding, klaskamer bestuur, portuur intervensies en ‘n kombinasie hiervan toegepas word (Feit, Barbara, Bernard, Christner, Richhar, van Harrison, 2014). Hierdie opleiding behels positiewe ouerskapstrategië wat sal lei tot verlaagde gedragsprobleme. Dokters is verantwoordelik om die ouers toe te rus met ADHD-spesifieke hulpbronne, inligting en ouerlike advies.

MEDIKASIE

Phychostimulants (bv. Methylphenidate [Ritalin], dextroomphetamine/amphetamine [Adderall] is die mees effektiefste medikasie wat gebruik word om ADHD te behandel. Die tablette is koubaar en word voorgeskryf om 2-3 keer per dag gedrink te word. Daar is ook ‘n ander alternatief tablette wat gebruik kan word, maar is dus nog nie bevestig of dit effektief is nie.

Hantering van ADHD

Netsoos met alle ander siektes en versteurings , is die beste manier om ADHD te hanteer en beheer te neem daarvan, om ‘n gesonde lewe te lei. Dit sluit in gesonde etes en oefeninge wat jou liggaam sal versterk. Vrugte en groente word altyd aangeraai en wat voorgestel sal word is om die inname van suiker so min moontlik te hou. Fisiese oefening word sterk aangeraai en om heeldag rond te lê voor die televisie en teveel gebruik te maak van tegnologie , word gevra om te vermy. ‘n Gesonde slaaproetine word ook aangeraai om te verseker dat genoeg slaap ingekry word. As genoeg slaap nie ingekry word nie, kan daaglikse funksionering geaffekteer word.

Ouers van leerders wat lei aan hierdie versteuring kan aanvra dat ‘n evaluering uitgevoer word om vas te stel of leerders vir ‘n geindividualiseerde onderwysplan kwalifiseer.  Hierdie leerders sal dan akkomodeer ord by die skool onder seksie 504 van die Rehablitasiewet of onder Individue met Gestremdheidsopvoeding  (Feit, Barbara, Bernard, Christner, Richhar, van Harrison, 2014).

Stappe en metodes om te volg.

Net soos met enige ander versteuring is daar stappe en metodes om dit te oorkom. Dit mag dalk nie die probleem oplos nie maar mag dalk van hulp wees. Die link hierdonder kan bevat die stappe en metodes wat gebruik kan word om struikelblokke te oorkom.

https://dmylogi.com/gesondheid/36189-hoe-om-struikelblokke-te-oorkom.html

Die balangrikste van alles sal ek beskou as jouself. As jou ingesteldheid reg is en jy toegewyd is om aan hierdie struikelblok te werk, sal jy aan die einde van die dag die vrugte daarvan pluk. Hou op om op jouself neer te kyk en jouself te vergelyk met ander. Wees positief.


Raad aan ouers
Die Sentrums van Siektebeheer en Voorkoming (CDC) gee die volgende raad aan ouers wie se kinders met hierdie struikeblok moet groot word.
-Ontwerp 'n roetine- Stel 'n roetine op wat behoue bly elke dag vanaf opstaan tyd tot slapenstyd.
-Neem bestuur oor fleiding- Kinders wat ADHD het word maklik afgelei. Wanneer jou kind besig is om te leer of tuiswerk te doen, skakel alle moontlike afleidings uit. Dit mag dalk nie vir almal werk nie omdat sommige leerders beter leer met byvoorbeeld musiek in die agtergrond of deur op en af te loop. Kyk wat die beste is na jou kind se belange.
-Beperk keuses- Moet nie vir jou kind oorweldig deur vir hom/haar baie opsies te gee waarby hul een keuse moet maak nie. Hou die opsies so min as moontlik. 
 -Wees duidelik en spesifiseer- Gebruik duidelik beskrywings en intruksies wanneer jy wil hê
 hul moet iets vir jou doen.  
 -Maak gebruik van doelwitte en beloningspryse as jou kind goed gedoen het. Dit moedig hul aan om nog beter te doen. 
 -Maak gebruik van ander metodes om dissipline te hanteer. In plek daarvan om te skree op die kind , maak gebruik van "time-out"  of die wegneem van voorregte. 
-Verseker dat jou kind 'n gesonde leefstyl leef deur te kyk na etes en oefeninge en hul aan te moedig. 


Opmerkings