Slaan oor na hoofinhoud

Tekens en simptome

 




Waarna moet jy kyk ?

Die tekens van ADHD by kinders is maklik om raak te sien. Tog is dit belangrik om dit nie verkeerdelik te diagnoseer nie aangesien ander versteurings soortgelyke tekens kan het. Volgens die Mayo Clinic Staff (2019) is die tekens waarna jy moet uitkyk die volgende:

o   - Dagdroom- Lae konsentrasievlak wat lei daartoe dat hul ontsnap na hul eie gedagtes of verbeeldingryke wereld.

o   - Vergeet of verloor gou voorwerpe- Vergeet waar die voorwerpe geplaas word en soek dan later daarna.

o   - Praat baie- Individue praat herhaaldelik en somtyds uit beurt uit.

o   - Maak sorgelose foute en vat groot kanse- Is nie bang nie al mag iets hoe gevaarlik klink. Die leerder sal altyd bereid wees om die kans te waag ongeag die moontlike uitkomste.

o   - Het ‘n harde tyd om versoeking te onderdruk- Groepdruk kan nie onderdruk word nie . Die leerder sal dus doen wat die groep doen of wat die groep se om in te pas en aanvaar te word.

o   - Het probleme wanneer dit kom by beurte vat- Leerder  is uit beurt uit en kan nie hul kans om te praat of aksies uit te voer af wag nie.

o   -Sukkel om met ander oor die weg te kom- Individue ondervind baie onderonsies.




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

  Behandeling van ADHD Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ," loco parentis" . Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing. Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig...