Slaan oor na hoofinhoud

Wat kan die skool doen?

Hoe kan die skool hulp aan hierdie leerders verleen?

Skole wat leerders het wie aan hierdie versteuring lei moet differensiasie inspan. Dit beteken dat spesiale opvoeding in die klaskamer moet plaasvind. Werk en aktiwiteite moet aangepas word deur gebruik te maak van differensiasie om hierdie leerders te akkommodeer. Sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (2022) stel voor dat daar ook individuel en of in klein groepies met hierdie leerders gewerk moet word. Dit sal help om die leerders se aandag ten volle te hê en een op een tyd saam die leerders sal vir jou as opvoeder help om die leerders beter te verstaan, vas te stel waarmee hul probleme te vind en met die beste manier vorendag te kom om hierdie leerders se leer te bevorder.

Baie keer eis dit vir jou  as opvoeder om die ekstra myl te gaan om hierdie leerders te help. Soos om lesse aan te pas wat baie meer tyd in beslag sal neem en speel/spel in die lesse in te werk. Dit mag ook beteken dat lesse meer prakties gemaak moet word of dat meer visuele en ouditiewe leerwyses in die klaskamer ingebring moet word. Dit sal nie maklik wees nie maar dit is wel bereikbaar wanneer jy as opvoeder hierdie leerders se emosies in ag neem en hul leer te bevorder.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig