Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2023

Bronverwysings

Alamy. Gd. Do not drink alcohol during pregnancy. No alcohol for pregnant woman, prohibition sign, vector illustration . https://www.alamy.com/stock-image-do-not-drink-alcohol-during-pregnancy-no-alcohol-for-pregnant-woman-165601730.html [ 19 Julie 2023] Alice .2023. Adult ADHD impulsivity: Are you often impilsive?. https://www.theminiadhdcoach.com/adhd-symptoms/adhd-impulsivity [4 Julie 2023] Alice .2023. T he Three ADHD Types . https://www.theminiadhdcoach.com/adhd-awareness/adhd-types [5 Julie 2023] Alice. 2023. ADHD and misplacing things: Lost Stuff Equals Lost Time . Why Do Phttps://www.theminiadhdcoach.com/adhd-symptoms/adhd-misplacing-thingseople with ADHD Tend to Misplace Things (theminiadhdcoach.com) [4 Julie 2023] Cdc.gov Centers for Disease Control and Preventio. 2022.  Treatment of ADHD . https://www.cdc.gov/ncbddd/adhd/treatment.html  [30Junie 2023] Cohn, S. 2017. Greed Report: The diagnosis is bad. Should a second opinion be your first step?, CNBC ...

Kan ADHD vermy word?

  Volgens The Mayo Clinic Staff (2019), kan jy vermy dat jou kind ADHD kry deur: Enige iets wat die ontwikkeling van die fetus  beïnvloed te vermy. Dit sluit in die drink van alkohol, die rook van sigarette en die gebruik van dwelms. Hou jou kind weg van besoedeling en giftige stowwe en gasse . Dit is belangrik om altyd 'n oog oor jou kind te hou. Beperk skermtyd- Alhowel dit nog nie bewys is nie, is dit belangrik om jou kind se skermtyd te verminder, dit sluit in die speel van video speletjies en selfone.                                        

Wat kan die skool doen?

Hoe kan die skool hulp aan hierdie leerders verleen? Skole wat leerders het wie aan hierdie versteuring lei moet differensiasie inspan. Dit beteken dat spesiale opvoeding in die klaskamer moet plaasvind. Werk en aktiwiteite moet aangepas word deur gebruik te maak van differensiasie om hierdie leerders te akkommodeer. Sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (2022) stel voor dat daar ook individuel en of in klein groepies met hierdie leerders gewerk moet word. Dit sal help om die leerders se aandag ten volle te hê en een op een tyd saam die leerders sal vir jou as opvoeder help om die leerders beter te verstaan, vas te stel waarmee hul probleme te vind en met die beste manier vorendag te kom om hierdie leerders se leer te bevorder. Baie keer eis dit vir jou  as opvoeder om die ekstra myl te gaan om hierdie leerders te help. Soos om lesse aan te pas wat baie meer tyd in beslag sal neem en speel/spel in die lesse in te werk. Dit mag ook beteken dat lesse meer prakties gemaak...

Behandeling en hantering van leerders met ADHD

  Behandeling van ADHD Die behandeling van ADHD in leerders sluit normaalweg medikasie en gedragterapie. Vir jonger leerders word gedragsterapie voorgestel en aanbeveel wat deur die ouers van die leerders begelei sal word. Medikasie sal op ‘n later stadium wanneer die gedragsterapie nie werk nie, aanbeveel word. Watter tipe behandeling gebruik sal word verskil natuurlik van persoon tot persoon en dus sal die mees geskikste opsie dan bepaal word. Die skool speel ook ‘n groot rol in die behandeling van ADHD. Dus moet differensiasie gebruik word en die opvoeder die plek van die ouer by die skool in neem ," loco parentis" . Dit beteken dat die leerders se gedragsterapie deur die opvoeder begelei sal word binne die skool en klasomgewing. Soos met alle ander versteurings is daar kulturele verskille wat die tipe behandeling beïnvloed. Voorbeeld hiervan is waar Noord-Amerika se riglyne voorstel dat medikasie as eerste behandeling gebruik moet word waar Europa se riglyne teenstrydig...

Hoe word ADHD gediagnoseer?

  Diagnose Die DMS-5 ( Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders , 5th Edd) vereis dat die ‘n reeks van die simptome aanwesigheid is. Om leerders met ADHD te diagnoseer kan nie met die blote oog gedoen word nie. Daar is tale toetse en prosedures wat gevolg moet word omdat van die simptome ooreenstemmend is met ander versteurings soos angs en depressie. Een van die stappe sluit in dat die leerders ‘n mediese ondersoek moet ondergaan wat hul gehoor en sig insluit om die ander versteurings uit te kanseleer. Die diagnose bevat ook ‘n lys met al die simptome wat deur die ouers en onderwyser van die leerders afgemerk moet word. ADHD kan nie betroubaar by kinders onder die ouderdom van 4 jaar oud gediagnoseer word nie ( Feit, Barbara, Biermann, Christner, Richarr & van Heerden, 2014). Wanneer is dit tyd om die dokter te gaan sien? Wanneer jy as ouer die tekens of simptome van ADHD in jou kind se gedrag optel, is dit belangrik om met jou dokter in kontak te kom. Die dokter...

Oorsake van ADHD

Weet jy wat die oorsake van ADHD is? Die oorsake van ADHD is onbekend. Navorsers sukkel om die oorsake daarvan vas te stel. Die nuutste navorsing toon egter dat dit veroorsaak kan word deur gene wat aan die kind deur die ouers oorgedra word tydens vorming van die fetus (The Mayo CliniC Staff,2019). Navorsers sien ook die volgende as moontlike oorsake buiten die oordra van gene: o    -  Brein beserings o    -  Bloodstelling aan nadelige gasse in die omgewing tydens swangerskap. Dit is gasse soos lood wat hoofsaaklik in verf en pype van ouer geboue aangetref word. o    -  Akohol en sigaret gebruik tydens swangerskap deur die moeder wat oor die algemeen as taboe beskou word en tot meer struikelblokke en gestremdhede kan lei. o    -  Voortydige bevalling- wanneer die kind nie volledig ontwikkel was tydens geboorte nie. o    -  Lae geboorte gewig

Miskonsepsies wat ontstaan onder ADHD.

Is die simptome van ADHD netsoos wat ons dit ken? Die antwoord op die vraag is nee. Alhoewel die simptome wat onder die verskillende tipes ADHD onder meeste van die mense gevind word, kan 'n peroon wat ADHD het ook die teenoorgestelde simptome toon. Alles hierdie simptome word beskou as mites omdat dit nie feite is nie. Kom ons kyk na 'n paar: Die stil meisie Ken jy iemand wat stil en teruggetrokke is wat verklaar dat hul aan hierdie versteuring lei? As dit die geval is , glo hulle. Dit is nie altyd dat almal wat ADHD het hiperaktief is nie, jy kry ook mense wat introvert is wat mag sukkel om oog kontak te maak en 'n gesprek te voer. Die netjies en organiseerde persoon. Wat ons voorheen gelees het onder die simptome, is dat mense wat ADHD het baie lomp en onorganiseerd is en ook baie vergeet. Dit is ook nie met alle individue so nie. Individue met ADHD kan ook baie organiseerd wees op hul eie manier. Wat ek bedoel met dit is dat die manier waarop hulle hul besittings of sel...

Verskillende tipes ADHD

  Oorwegend onoplettende aanbieding Hierdie tipe ADHD maak dit moeilik vir die persone om daaglikse take te organiseer en te voltooi. Leerders met hierdie versteuring sukkel om aandag te gee aan besonderhede wat belangrik geag word en kan nie eenvoudige instruksies uitvoer nie. Hul aandagspan is kort en kan baie maklik afgelei word deur ander. In plaas daar van om hul take en werk te voltooi, verkies leerders eerder om te speel in die klaskamer en om ander leerders te pla. Hul verskoning sal altyd wees dat hul die skryfbehoeftes of behoeftes wat benodig word om die taak te voltooi, verloor het. Wat jy ook sal oplet is dat leerders nie net vergeet waar voorwerpe geplaas was nie, maar ook hul daaglikse take vergeet en baie nalatige foute maak.   Oorwegende Hiperaktief-onoplettende aanbieding Dit is kenmerkend dat leerders met hierdie tipe ADHD nie stil kan sit nie. Hulle vroetel gedurig en praat baie. In jonger leerders sal ons kry dat hul gedurig rondloop, rond spring e...

Tekens en simptome

  Waarna moet jy kyk ? Die tekens van ADHD by kinders is maklik om raak te sien. Tog is dit belangrik om dit nie verkeerdelik te diagnoseer nie aangesien ander versteurings soortgelyke tekens kan het. Volgens die Mayo Clinic Staff (2019) is die tekens waarna jy moet uitkyk die volgende: o    -   Dagdroom- Lae konsentrasievlak wat lei daartoe dat hul ontsnap na hul eie gedagtes of verbeeldingryke wereld. o    -  Vergeet of verloor gou voorwerpe- Vergeet waar die voorwerpe geplaas word en soek dan later daarna. o    -  Praat baie- Individue praat herhaaldelik en somtyds uit beurt uit. o    -  Maak sorgelose foute en vat groot kanse- Is nie bang nie al mag iets hoe gevaarlik klink. Die leerder sal altyd bereid wees om die kans te waag ongeag die moontlike uitkomste. o    -  Het ‘n harde tyd om versoeking te onderdruk- Groepdruk kan nie onderdruk word nie . Die leerder sal dus doen wat die groep doen of ...